Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

 
 
 
    Chikwala Boerdery    Hendri van Staden    Savannah Wildplaas        Wolves Den    Willem Kruger

 


The next auction is Saturday 4 Augusts 2018, 11h at “The Raasblaar”, Groblersdal.

Welkom by Loskop Game Breeders

Loskop Game Breeders het ontstaan nadat gevestigde telers van hoë gehalte skaarswildspesies in die Groblersdal / Marble Hall omgewing in 2011 besluit het om kragte saam te snoer. Ons sien met groot verwagting uit na die eerste Loskop Game Breeders katalogus veiling wat op Saterdag 4 Augustus 2012 by die DLU-Saal, Groblersdal aangebied word.

Loskop Game Breeders lede het uitgebreide kennis en ervaring in verskeie skaarsspesies, o.a. buffels, swartwitpense, bastergemsbokke, tsessebes, gouewildebeeste, njalas, swartrugrooibokke en swartrooibokke. ‘n Verskeidenheid van hierdie spesies sal op veiling aangebied word.

Alle kerndiere in ons onderskeie teelprogramme is noukeurig oor jare geselekteer en is van erkende telers bekom. Ons verbind ons daartoe om slegs diere van hoogstaande gehalte op die veiling aan te bied wat ‘n positiewe bydrae tot kopers se kuddes sal lewer.

Net soos die Loskop-besproeiingskema as die spens of kosmandjie van Suid-Afrika bekend staan, beoog Loskop Game Breeders om jaarliks ‘n katalogus veiling aan te bied en ons as die “spens” van kwaliteit skaarsspesies te vestig.

Ons bomas/hokke is maklik bereikbaar en toeganklik vir voornemende kopers om diere vooraf te besigtig. Ons nooi u as wildboer om ons te besoek en uself te vergewis van die diere wat op veiling aangebied word. Ons sien daarna uit om u op ons veiling te ontvang.

Vir meer inligting, kontak ons onderskeie lede.




Game Breeding Auction 2018

     Facebook

        

ALZU

     

    

     

   

 

© LOSKOP Game Breeders 2012 : Website best viewed in IE9 or Firefox   
Home  :  Chikwala Boerdery  :   Hendri van Staden  :  Ukujabula  :  Willem Kruger  :   Wolves Den        Savannah       Auctions  :  Catalogue  :  Contact Us  :  Contact Map